Hello Almal,
Welkom by Matriekbaai se Kampdorp 2026
Akkommodasie
- Die Kampdorp is in Hartenbos, binne die ATKV Kampterrein – Blok F
- Elke Kampdorp-kaartjie is ’n tent vir 2 mense (Een persoon kan daar bly maar die koste bly dieselfde)
- Die Kampdorp is ’n afgebakende area binne kampterrein (Blok F) met eie sekuriteit
- Daar is ook ’n chill- en eetarea onder ’n tent binne Kampdorp
Kos (Kos nie ingesluit nie, maar beskikbaar binne kampdorp)
- Kampdorp se eie Snoepwinkel en kafee
- Snacks, koeldranke en lekker Ma se kos
- Braai-area beskikbaar
- Braai- en eetgoed kan gehuur of gekoop word
Badkamers
- Badkamers is in Blok F, die naaste aan die Kampdorp.
Ligging
- Ongeveer 200 m van die strand af
- 6,5 km vanaf Diaz
- 150 m van Amfihart af
- Kampdorp is sowat 600 m van die Seefront Winkelsentrum af, ongeveer 9 minute se stap.
Vervoer
- Matriekbaai het ’n bekostigbare bussie-diens
- Bussies ry tussen al die Matriekbaai-areas
- ’n Optel- en aflaaipunt sal net buite Blok F wees
Algemeen:
- Slegs 18 tot 22 (Streng ID) jariges gedurende die tydperk word toegelaat
- Kampdorp Kaartjies word slegs deur Matriekbaai verkoop en nie ATKV nie
- Jy moet ń Matriekbaai weekkaartjie hê om by Kampdorp te kan bly (Inligting sal later aangevra word)
- Daar sal ń deposito gehou word vir breekware (Email sal uitgestuur word oor die inligting)